Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ernie 'Lastag' Solomon in Boksburg doodgeskiet

Ernie “Lastag” Solomon, vermeende leier van die 28-bende, is Vrydagoggend in Boksburg, Gauteng, doodgeskiet.

Sy seun Carlo Solomon is glo nou op pad Boksburg toe en volgens bronne is hy verpletter oor sy pa se dood.

Nooddienste en die polisie Vrydagoggend op die toneel in Boksburg. Foto: Verskaf

Volgens polisiebronne in Gauteng was Ernie nie alleen in die voertuig toe hy geskiet is nie en is ’n baba glo ook verskeie kere raakgeskiet. Die baba word in ’n hospitaal behandel.

Netwerk24 het vroeër Vrydag oor die skietvoorval in Rondebultrylaan naby Kingfisherlaan in Boksburg berig.

Charl van der Merwe, eienaar van Graphite-veiligheidsdienste, het tóé gesê een van die gewondes is ’n baba. “ ’n Man is in ’n motor doodgeskiet, terwyl ’n vrou, nog ’n man en die baba gewond is,” het hy gesê.

Die voorval het kort ná 10:00 plaasgevind.

Ernie en Carlo het ook in Mei vanjaar ’n sluipmoordaanval in Hawston oorleef. Ernie is toe vyf keer raakgeskiet en Carlo drie keer.

Ernie Solomon, vermeende leier van die 28-bende, is Vrydag doodgeskiet. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.