Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende dwelmsindikaat in Kimberley vas

’n Vermeende dwelmsindikaat is ná afloop van ’n ondersoek wat twee jaar geduur het Donderdagoggend in Kimberley aangekeer.

Volgens Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, het ’n multidissiplinêre span die sindikaat sedert Julie 2019 ondersoek.

Agt mense tussen die ouderdom van 20 en 55 is op aanklagte van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Die verdagtes is in die gebiede Roodepan, Beaconsfield en Galeshewe aangekeer vir handel in mandrax-tablette en tik.

Mnisi sê die dwelms waarop beslag gelê is, het ’n straatwaarde van R208 680. Daar is ook drie voertuie en selfone gekonfiskeer.

Die multidissiplinêre span bestaan uit die Valke, die eenheid vir misdaadintelligensie, die taktiesereaksiespan, Kimberley se honde-eenheid, die polisie se lugvleuel, die misdaadrekordsentrum en die eenheid vir voertuigmisdaad.

Al die verdagtes sal na verwagting Vrydag in Kimberley se landdroshof verskyn.

Meer oor:  Kimberley  |  Arrestasies  |  Misdaad  |  Mandrax  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.