Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende dwelmsmous vas ná hy polisiemotor stamp, wegjaag

’n Vermeende dwelmhandelaar is ná ’n wilde jaagtog in Lyttelton, Centurion, in hegtenis geneem nadat hy vroeër met sy Toyota Yaris in ’n polisievoertuig vasgery het.

“Lede van die polisie se honde-eenheid het Dinsdagoggend inligting opgevolg en ’n vermeende dwelmhandelaar na die Hennopspark-omgewing gevolg,” sê kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder.

Toe hulle die man konfronteer, het hy in die polisievoertuig vasgery en weggejaag, sê Miller.

Die polisielede kon nie verder ry nie.

Polisielede deursoek Dinsdag die Toyota Yaris waarin die verdagte (op die grond) wou wegjaag. Foto: SAPD

Reaksie-beamptes van ’n veiligheidsmaatskappy, Copwatch, het die polisielede opgelaai en die man agternagesit.

“Hy is uiteindelik ná ’n wilde jaagtog in John Vorster-rylaan in Lyttelton in hegtenis geneem. Hy is in aanhouding en sal teregstaan op aanklagte van poging tot moord, roekelose bestuur, asook kwaadwillige beskadiging van polisie-eiendom,” sê Miller.

Hy sal ook vervolg word op aanklagte van die onwettige handel in en besit van dwelms.

Liam van den Heever van Copwatch se taktiese reaksie-eenheid het die voorval bevestig en sê dat die druk verkeer in John Vorster-rylaan daartoe gelei het dat die man nie kon wegkom nie.

“Ons reaksie-beamptes het omstreeks 11:00 op ’n moontlike misdaadsituasie in Blackwoodstraat, Hennopspark, gereageer. Ons het die polisielede opgelaai nadat die voortvlugtende in hul polisievoertuig vasgery het. Geen skote is in die jaagtog afgevuur nie,” sê Van den Heever.

Meer oor:  Copwatch  |  Liam Van Den Heever  |  Lyttelton  |  Polisiemotor  |  Dwelmsmous  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.