Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende inbreker op plaas by Malmesbury doodgeskiet

Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak en een van moord nadat ’n vermeende inbreker op ’n plaas naby Malmesbury in die Wes-Kaap doodgeskiet is.

Die polisie is Maandagoggend om 03:45 ontbied nadat twee mans glo by die plaashuis ingebreek en die eienaar met skerp voorwerpe gedreig het.

Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, sê die eienaar het toe glo op die inbrekers geskiet. Een van die mans is doodgeskiet en die ander man het weggekom.

“Ons fynkam die toneel vir bewyse,” het Malo Maandagmiddag vroeg gesê.

“Die saak word ondersoek en niemand is al in hegtenis geneem nie.”

Meer oor:  Malmesbury  |  Plaas  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.