Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende kabeldief erg beseer in ontploffing
Die vermeende kabeldief is erg beseer toe ’n kabel ontplof het terwyl hy glo besig was om dit te steel. Foto: Facebook/Sophiatown Neighbourhood Watch

’n Man wat klaarblyklik probeer het om kabels by ’n substasie by die Westdene-ontspanningsentrum in Johannesburg te steel, het erg verbrand toe een van die kabels ontplof het.

Die voorval het Vrydag gebeur. Die substasie is beskadig en het ’n kragonderbreking tot gevolg gehad.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het aan News24 gesê die kabel het ontplof terwyl die man besig was om dit glo te steel.

“Die man is na die Milpark-hospitaal gebring. Ongelukkig is die transformator ook erg beskadig,” sê hy.

City Power is besig om die substasie se kabels te vervang, maar hulle kan nie sê hoe lank die proses sal duur nie.

Die Sophiatown-buurtwag het op Facebook gesê die man is deur ER24 na die hospitaal vervoer.

Weens die diefstal is sekere dele van die gebied sonder elektrisiteit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.