Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende kabeldiewe in Bishop Lavis vasgetrek
Die kabels wat na bewering gesteel is.Foto: Verskaf

Vermeende kabeldiewe in Bishop Lavis het Donderdag hul rieme styfgeloop teen Kaapse wetstoepassers wat nie deur koeëls afgeskrik is nie.

Wayne Dyason, woordvoerder van die Kaapse wetstoepassingseenheid, sê lede wat verbonde is aan die metro se spoor-wetstoepassing- en metaaldiefstal-eenheid het Donderdag omstreeks 05:00 inligting ontvang van kabeldiefstal wat by die Bishop Lavis-stasie tussen Agste- en Negende Straat aan die gang was.

“Die beamptes het die pad wat parallel met die stasie loop gevat om die diewe af te sny, toe daar op hulle losgebrand word.”

Hy sê gelukkig is die beamptes nie getref nie en is hul voertuie ook nie beskadig nie.

“Ondanks die gevaar het hulle daarin geslaag om die vermeende kabeldiewe vas te trek. Daar het na bewering 80 m koperkabel, een byl en ’n saag in hul besit gehad.”

Dyason sê die verdagtes – drie mans en ’n vrou van onderskeidelik onderskeidelik 37, 31, 25 en 41 jaar oud – is almal van Kalksteenfontein en is in aanhouding by die Bishop Lavis-polisiekantoor.

Meer oor:  Kabeldiewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.