Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende kabeldiewe in Zwide op heterdaad betrap

Kabeldiewe het skade van sowat R10 000 is by die Zwide-stadion in Gqeberha (Port Elizabeth) aangerig.

Van die gereedskap waarmee die vermeende kabeldiewe Vrydagaand by die Zwide-stadion in Gqeberha betrap is. Foto: Verskaf

Twee van die vier vermeende kabeldiewe is Vrydagaand vasgetrek toe hulle deur ’n opsigter van die stadion op heterdaad betrap is.

Die opsigter het omstreeks 22:00 die Nelson Mandelabaai-metro se gespesialiseerde veiligheidsdienste reaksie-eenheid ingelig oor die groep wat ondergrondse kabels oopgrawe.

Die groep het reeds sowat 10 m se kabels uitgehaal en ’n aantal kragkabels beskadig.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes, albei 28 jaar oud, is op die toneel deur veiligheidswagte aangekeer en aan die polisie in KwaZakhele oorhandig.

Sake van diefstal en die beskadiging van infrastruktuur word ondersoek en albei beskuldigdes sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die vorige naweek het vandale straatligte in Stanfordweg, wat ’n week vantevore herstel is, gevandaliseer deur kabels te steel en gloeilampe te breek.

Dié deurbraak kom te midde van grootskaalse vandalisme wat die metro oor die afgelope paar maande teister en tot die ontstaan van ’n bestuurskomitee teen vandalisme gelei het.

Die vorige naweek het vandale straatligte in Stanfordweg, wat ’n week vantevore herstel is, gevandaliseer deur kabels te steel en gloeilampe te breek. Dieselfde naweek is die Motherwell NU-30-gemeenskapsaal aan die brand gesteek en daar is ingebreek by die hoofsubstasie in Motherwell.

Volgens die metro beloop die koste van ’n nuwe transformator by ’n substasie sowat R10 miljoen en die koopproses kan tot agt maande duur.

Annette Lovemore, voorsitter van die metro se bestuurskomitee teen vandalisme, het in reaksie op Vrydag se suksesvolle inhegtenisneming die opsigter vir sy oplettendheid geloof.

“As elke inwoner so waaksaam is soos die opsigter by die Zwide-stadion in dié geval was, en die reaksie-span so spoedig soos altyd reageer, kan ons die vlaag (van vandalisme) oorwin, een arrestasie op ’n slag.”

Sy het opnuut gewaarsku die metro sal nie net toekyk hoe hul bates vernietig word en dienslewering daardeur gekniehalter word nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Kabeldiefstal  |  Kabeldiewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.