Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende kaper 4 j. ná ontsnapping weer vas

Nadat ’n vermeende kaper die polisie langer as vier jaar ontduik het, is hy weer agter tralies nadat hy glo met ’n selfoontoring se gesteelde batterye betrap is.

Volgens die Valke is die 46-jarige man sedert 2016 gesoek nadat hy uit polisieaanhouding in Komani ontsnap het. Hy is destyds aangehou vir die kaping in Fort Beaufort van ’n vragmotor wat skaapwol vervoer het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, sê die man was sedertdien ’n voortvlugtende totdat hy Maandag in verband met die diefstal van die selfoontoring-batterye vasgetrek is.

Die gesteelde selfoontoring-batterye wat Maandag naby Cofimvaba agterop die bakkie van ’n 46-jarige man gevind is. Die batterye is die afgelope naweek gesteel. Foto: Verskaf

Die Valke se ondersoek dui daarop dat die batterye die afgelope naweek by Telkom se selfoontorings in Haven Hills in Amalinda en Voorpos in Oos-Londen gesteel is.

Teen Maandag het die polisie ’n Isuzu-bakkie met ’n Gautengse nommerplaat, wat moontlik by dié diefstal betrokke was, op die Banana-brug naby Cofimvaba gesien en agtervolg.

Toe die bestuurder besef hy word agtervolg, het hy weggejaag. Hy het uit die bakkie gespring en by die Maya-nedersetting ingehardloop, waar hy vasgetrek is.

Agterop die bakkie is 30 selfoontoring-batterye gevind. Die waarde van die batterye word op sowat R900 000 geraam.

Verdere ondersoek word nog gedoen om vas te stel of al die gesteelde batterye teruggevind is.

Die beskuldigde sal Woensdag in die landdroshof in Cofimvaba verskyn.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Valke  |  Kaping  |  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.