Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende kaper beland onder trok se tenkwa

’n Vermeende vragmotorkaper is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat die tenkwa van ’n vragmotor op die N3 in KwaZulu-Natal op hom beland het.

Die vragmotor het glo paraffien vervoer.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Hammarsdale ondersoek ’n kapingspoging.

Volgens die vragmotorbestuurder het hy Woensdag omstreeks 00:30 naby Hammarsdale op die N3 besef sy vragmotor verloor krag.

Die vragmotor se tenkwa het omgeslaan en bo-op ’n vermeende kaper beland. Foto: Verskaf
Die ongelukstoneel op die N3 waar vermeende kapers veroorsaak het dat ’n vragmotor se tenkwa omslaan. Foto: Verskaf

Hy het toe gesien twee mans hang weerskante van die kajuit. Hulle het teen die deure en die vensters geslaan.

Dit is nie duidelik waarom die vragmotor krag verloor het nie.

Die bestuurder het beheer oor die vragmotor verloor en die tenkwa het naby ’n stroom omgeslaan.

Gwala sê by nadere ondersoek het die nooddienste gesien ’n man lê onder die tenkwa.

Die man is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem.

Meer oor:  Hammarsdale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.