Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende klerediewe vas ná jaagtog

Lede van die metropolisie se honde-eenheid in Kaapstad het Sondag vyf mense vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere vasgetrek.

Volgens Ruth Solomons, woordvoerder van die metropolisie, het ’n omstander metropolisielede omstreeks 14:15 ingelig dat twee mans glo by ’n rooftog by ’n klerewinkel in die Somerset Mall betrokke was.

Die klere waarop beslag gelê is.

“Die beamptes het die mans genader, maar die mans het in ’n ligblou Toyota Corolla gespring en weggejaag. Gedurende ’n jaagtog op die N2 in die rigting van Kaapstad het die insittendes verskeie klere by die motorvenster uitgooi,” sê Solomons.

Sy sê die voertuig is in Macassar tot stilstand gebring en die beamptes het op vermoedelik gesteelde klere ter waarde van R15 000 beslag gelê.

Die vyf verdagtes, almal tussen 22 en 26 jaar oud, word by die Macassar-polisiekantoor aangehou en sal binnekort vir diefstal en roekelose en nalatige bestuur in die hof verskyn.

Van die vermoedelik gesteelde horlosies waarop beslag gelê is.
Meer oor:  Somerset-Wes  |  Jaagtog  |  Metropolisie  |  Diefstal  |  Klere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.