Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende klerediewe vinnig vasgestrek

Drie mense wat vermoedelik deel is van die sogenaamde “A Team” in Port Elizabeth, ’n groep wat glo agter ’n vlaag winkeldiefstalle is, het Donderdag hul rieme styfgeloop.

Spoedige optrede deur veiligheidswagte en die polisie het daartoe gelei dat drie mense met vermoedelik gesteelde klere van meer as R8 000 in hul besit betrap is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting oor moontlike winkeldiefstal opgevolg en ’n verdagte vrou in ’n wit Mercedes Benz-motor naby die Greenacres-winkelsentrum ondervra.

By verdere ondersoek is talle inkopiesakke met klere, wat vermoedelik gesteel is, op die voor- en agtersitplekke van die motor aangetref.

Naidu sê terselfdertyd het veiligheidswagte van die winkelsentrum die polisie ingelig van twee insittendes wat kort voor hul aankoms die Mercedes verlaat het en na ’n bushalte beweeg het.

Volgens Naidu het die twee insittendes begin hardloop toe hulle die polisie kort op hul hakke sien, maar is sekondes later vasgetrek.

Kledingstukke wat vermoedelik gesteel is, is ook in hul besit aangetref.

Die drie verdagtes, wat onderskeidelik 40, 42 en 44 jaar oud is, sal binnekort op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in die hof voorkom.

Naidu het die geleentheid gebruik om inkopiegangers en winkeleienaars te waarsku teen winkeldiewe wat tydens die besige feestyd toeslaan.

Sy moedig winkelbestuurders aan om waaksaam te wees vir inkopiegangers wat te lank by een artikel draal en meen die ingange by aanpas-kleedkamers moet gemonitor word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.