Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende polisiemoordenaars agter tralies

Twee verdagtes wat in verband met die moord op ’n polisieman in Mfuleni vasgetrek is, sal Woensdag in die Blue Downs-landdroshof op die Kaapse Vlakte verskyn op ’n aanklagte van moord en poging tot moord.

Die 52-jarige adjudant-offisier met 32 jaar diens is buite ’n kroeg in Wesbank doodgeskiet terwyl sy kollega, ’n 29-jarige konstabel met drie jaar diens, in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die twee lede van die Mfuleni-polisiekantoor was Sondagaand omstreeks 22:00 op patrollie toe hulle buite ’n kroeg in Diepwater, Wesbank, gekonfronteer is en daar op hulle losgebrand is.

“Die adjudant-offisier is in die kop geskiet en is ’n uur later in die hospitaal dood. Die konstabel, wat in die nek geskiet is, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem,” het Naidoo gesê.

Naidoo het bevestig dat lede van die polisie se bende-eenheid Maandagaand die twee verdagtes in hegtenis geneem weens die moord.

Die inhegtenisnemings volg nadat lede van die polisie se blitspatrollie op ’n wenk reageer het dat die verdagtes in die omgewing van Delft is.

Genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiehoof, het die polisie geprys vir hul vinnige optrede om die vermeende polisiemoordenaars aan te keer.

Sitole sê die belangrikheid van die sogenaamde 72-uur-aktiveringsplan kan nie genoeg beklemtoon word

nie. Hy sê die inhegtenisnemings is ’n bewys van die doeltreffendheid van die plan.

Die Valke het intussen die ondersoek oorgeneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.