Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende renosterstropers gewond in skietery
’n Argieffoto van ‘n renosterkoei en -kalfie. Foto: werner hills

Twee vermeende renosterstropers is swaar gewond tydens ’n wilde skietery Sondag op ’n wildreservaat in Limpopo.

Die twee mans, onderskeidelik 29 en 36 jaar oud, word onder polisiebewaking in ’n hospitaal naby Phalaborwa behandel.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê wildbewaarders het op die plaas Harmony Blok 17B naby Gravelotte drie verdagte mans gesien. Hulle het vir die mans geskreeu om stil te staan, maar hulle het op die wildbewaarders geskiet.

Ngoepe sê die wildbewaarders het teruggeskiet en twee van die mans is toe gewond.

Die derde man het weggehardloop en in die beboste gebied verdwyn.

“Ons weet wie die man is en die polisie is besig met ’n reusesoektog na hom,” het Ngoepe gesê.

Die polisie is ontbied en het op ’n .375-jaggeweer en ‘n klankdemper beslag gelê. Daar is ook op ammunisie vir die jaggeweer, sowel as ’n 9 mm-pistool, beslag gelê.

Dit was Maandagoggend nog onduidelik of die vermeende stropers daarin kon slaag om ’n renoster(s) dood te maak voordat hulle betrap is.

Ngoepe sê die twee mans sal later in die Phalaborwa-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Meer oor:  Limpopo  |  Gewond  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.