Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende rower gestenig, aan brand gesteek
Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris in Noordwes sê boendoevergelding sal nie geduld word nie.Foto: Susan Cilliers

Woedende inwoners van Bakerville naby Lichtenburg het ’n vermeende rower Maandag glo vermoor deur hom te stenig en aan die brand te steek.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het dié voorval van boendoegeregtigheid ten sterkste veroordeel. Die gebeure het gevolg nadat die polisie Maandag omstreeks 07:45 ’n klag oor ’n sakeroof by ’n snoepwinkel in Bakerville ontvang het.

“Die slagoffer het blykbaar net die snoepwinkel oopgemaak toe ’n onbekende aantal verdagtes hom oorrompel,” sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes.

“Hulle het hom van ’n onbekende bedrag kontant en selfone beroof voordat hulle in ’n wit Toyota Corolla gevlug het.

Intussen het mense in die gemeenskap die slagoffer om hulp hoor skree. Hulle het glo een van die verdagtes, wat nie ver van die toneel af nie in ’n geparkeerde wegkommotor was, gevang. Daarna het hulle hom na bewering met klippe doodgegooi en hom en sy voertuig aan die brand gesteek.”

Die voorval is met selfone afgeneem en op sosiale media versprei. Die woedende gemeenskapslede het na bewering ook die polisie gekonfronteer.

Die polisie het later twee van die vermeende rowers vasgetrek, maar hulle soek na nóg verdagtes, sê Mokgwabone. “ ’n Afsonderlike saak van moord is aanhangig gemaak, maar niemand is nog in verband daarmee in hegtenis geneem nie.”

Motswenyane het die publiek gewaarsku dit sal nie geduld word wanneer mense reg in eie hande neem nie. “Dis onwettig. Mense moet verstaan en aanvaar terwyl die polisie hul ondersteuning in die stryd teen misdaad nodig het, die wet steeds toegepas en gehoorsaam moet word.

“Voorvalle van boendoevergelding soos dié wat vandag (Maandag) in Bakerville plaasgevind het, sal daartoe lei dat die betrokkenes self met die gereg bots. Ons doen ’n beroep op die publiek om met wettige strukture soos gemeenskapspolisiëringforums saam te werk om misdaad te bekamp.”

Motswenyane het mense ook gevra om sosialemediaplatforms verantwoordelik te gebruik.

Meer oor:  Bakerville  |  Lichtenburg  |  Rower Gestenig  |  Branddood  |  Rower  |  Aan Brand Gesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.