Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende rower in Durban doodgeskiet

’n Vermeende rower is Donderdagoggend in ’n skietgeveg met die polisie in Westville, Durban, doodgeskiet.

’n Skietgeveg het in Jan Hofmeyer-weg tussen ’n onbekende aantal gewapende mans en polisiebeamptes uitgebreek, sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

“Dit is nog nie seker of die mans ’n geldwa of die poskantoor wou beroof nie. Daar word na die rowers gesoek en leidrade word opgevolg.”

Die voorval het omstreeks 08:30 buite die Westville Village Market-sentrum plaasgevind.

“Een van die verdagtes is doodgeskiet. Die ander verdagtes het in ’n wit Toyota-dubbelkajuitbakkie in die rigting van Pinetown gejaag,” sê Mbele.

Twee ander mense is deur paramedici op die toneel vir skok behandel, en ’n polisielid vir snywonde, sê Garrith Johnson, woordvoerder van die Rescue Care-ambulansdiens.

’n Vermeende rower is in Westville deur die polisie doodgeskiet. Foto: ECR Newswatch/Twitter-blad

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.