Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wilde skietery tussen huisrowers en polisie

’n Vermeende rower is in Weenen in KwaZulu-Natal doodgeskiet in ’n wilde skietery met die polisie nadat polisielede ontbied is na die huis van 'n afgetrede egpaar wat deur rowers oorval is.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê drie gewapende mans het die egpaar Woensdagaand in hulle huis aangeval.

Die vuurwapens en ammunisie waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf

“Die man is in sy motorhuis oorrompel deur twee rowers terwyl die derde rower die vrou in die huis aangeval het. Hulle het kontant en die kluis se sleutels geëis.”

Volgens Gwala is die polisie in kennis gestel van die rooftog en het dadelik gereageer.

“Die verdagtes het die polisielede opgemerk en ’n skietery het uitgebreek. Een van die verdagtes is getref en in hegtenis geneem. Die tweede verdagte het hom oorgegee terwyl die derde verdagte doodgeskiet is.”

Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens en ammunisie.

“Verdere ondersoek het polisielede na ’n Toyota Etios, wat net buite die dorp parkeer was, gelei. Nog drie mans het in die wegkom-voertuig gesit en wag. Hulle het vinnig weggejaag toe hulle die skote hoor.”

Die Weenen-polisie ondersoek ’n saak van roof, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Gwala sê die twee verdagtes, van onderskeidelik 34 en 49 jaar oud, sal Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Meer oor:  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.