Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende rower vas ná hy homself in kuit skiet

’n Vermeende rower het die uitdrukking om jouself in die voet te skiet dalk té letterlik opgeneem – hoewel in sy geval was dit in die kuit – maar die uiteinde was dieselfde.

Die voorval het Vrydag omstreeks 20:00 in Hanover Park gebeur terwyl wetstoepassingsbeamptes van Kaapstad-metro patrolliewerk gedoen het en ’n vrou wat pas beroof is, hulle om hulp genader het.

Enkele minute later het hulle ’n verdagte opgemerk wat die vrou se beskrywing van die rower pas.

Volgens J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, het die verdagte glo op die beamptes geskiet. Hy het egter weggehardloop en gestruikel, en homself in die linkerkuit geskiet.

Hy kon egter daarin slaag om die beamptes te ontduik en het spoorloos verdwyn.

Later die aand het dieselfde beamptes ’n voertuig tydens die aandklokreël voorgekeer.

’n Vrou het verduidelik dat haar vriend geskiet is en in die Heideveld-gesondheidsentrum behandel word.

Die beamptes het besluit om ’n bietjie te gaan kyk wie dié gewonde is en afgekom op die einste vermeende rower wat hulle vroeër die aand ontduik het.

Hy is omstreeks 03:00 in hegtenis geneem toe hy ontslaan is en het die beamptes glo gaan wys waar hy die vuurwapen versteek het.

Hy is daarna na die Philippi-polisiekantoor geneem en op ’n klag van poging tot moord aangehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.