Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende rower weer vas 3 j. ná hy ontsnap

’n Man wat vermoedelik by ten minste ses huisinbrake in die Klerksdorp-omgewing in Noordwes betrokke was, is vandeesweek vasgetrek en voor die hof gebring.

John Khoza (37) is sedert 2016 gesoek nadat hy destyds uit die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp ontsnap het. Hy is onder polisiebewaking daar verpleeg, nadat hy vasgetrek weens ses inbraaksake en ’n huisroofsaak. Dis nie duidelik hoekom Khoza in die hospitaal was nie.

Hy en sy vermeende medepligtiges het Woensdag in die landdroshof op Klerksdorp verskyn.

’n Multidissiplinêre span van onder meer nasionale misdaadintelligensie, die honde-eenheid en Klerksdorp se teenmisdaadeenheid en speurders was betrokke.
Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes

Khoza, sy broer, Victor (40), en Philip Mugarisse (43) moet weer volgende Woensdag verskyn op aanklagte van huisbraak, diefstal, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, het lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê. John staan ook tereg op twee bykomende aanklagte: ontsnapping uit aanhouding en huisroof.

Al drie die verdagtes bly in aanhouding.

Volgens Funani is Khoza en sy vermeende medepligtiges Maandag in die Kanana-township naby Orkney vasgetrek.

“ ’n Multidissiplinêre span van onder meer nasionale misdaadintelligensie, die honde-eenheid en Klerksdorp se teenmisdaadeenheid en speurders was betrokke,” sê Funani.

“John het vermoedelik die meeste van die misdrywe gepleeg waarby hy en sy medepligtiges glo tussen 2013 en 2016 in Doringkruin, Klerksdorp, betrokke was,” sê Funani. Hy het na bewering huistoestelle soos plasmatelevisies, vuurwapens, skootrekenaars en elektriese toebehore gesteel. Van dié gesteelde goedere is by John se blyplek gevind.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Noordwes se polisiekommissaris, het die span wat John en sy vermeende medepligtiges vasgetrek het, gelukgewens. “Hul inhegtenisneming is ’n waarskuwing dat geen misdadiger toegelaat sal word om vry in die provinsie se strate rond te loop nie.”

Meer oor:  John Khoza  |  Klerksdorp  |  Huisinbrake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.