Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende rowers vas oor handgranaat
Die handgranaat en onwettige vuurwapens waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf

Die polisie in die Wes-Kaap het twee mans in Nyanga vasgetrek met ’n handgranaat en drie onwettige vuurwapens in hul besit.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die mans word verbind met ’n rooftog wat vroeër plaasgevind het.

“Die man wat beroof is, was saam met die polisie en het die verdagtes uitgewys.”

Rwexana sê die mans het probeer vlug.

“Albei mans, onderskeidelik 27 en 28 jaar oud, is deurgesoek en die polisie het drie vuurwapens in hul besit gevind. Die verdagtes se plakkershut in die Cyril Ramaphosa-informele nedersetting in Nyanga is ook deursoek en die polisie het op ’n handgranaat afgekom.”

Hulle sal binnekort in die landdroshof in Athlone verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ’n gevaarlike, plofbare voorwerp.

Meer oor:  Nyanga  |  Rowers  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.