Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende selfoondief in been geskiet
Op die toneel van die voorval.

’n Vermeende dief het Maandagmiddag sy rieme styfgeloop toe hy ’n selfoon in die sakekern van Durban wou steel.

Hy is in die been geskiet toe hy en sy makkers glo die selfoon van ’n 37-jarige motorbestuurder, wat in Alice-straat in die verkeer gestaan het, wou steel.

’n Groep mans het glo die passasiersdeur oopgemaak en die bestuurder probeer steek in ’n poging om sy selfoon te steel.

Hy het ’n skoot afgevuur om homself te verdedig en een van sy aanvallers in die been getref, waarna die res weggehardloop het.

Die nooddienste het die verdagte behandel en onder polisiebewaking na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die slagoffer is vir skok behandel en ook hospitaal toe geneem.

Die polisie ondersoek die voorval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.