Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende stropers in arres ná hulle op strand vasval

Vier mans is Sondag in Pearly Beach in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit en vervoer van perlemoen.

Die Gansbaai-polisie is om 14:00 na dié strand in die Overberg-distrik ontbied nadat klagtes oor beweerde stropery ontvang is.

Die polisie het Sondag in Gansbaai vier mans in hegtenis geneem nadat hul boot deurgesoek is en ’n sak met perlemoene gevind is. Foto: SAPD

Polisie het die bedrywighede op bote langs die kus dopgehou en wetstoepassers van Hermanus is ook ontbied “weens die vyandige houding in die gebied”, het kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê.

“’n Boot was reeds op ’n sleepwa en die gety het ingekom. Die voertuig het op die strand vasgeval en die polisie het die boot genader en vier mans in hegtenis geneem.”

Die polisie het hierdie vier mans in Pearly Beach naby Gansbaai vir die beweerde onwettige besit en vervoer van perlemoene in hegtenis geneem. Foto: SAPD

’n Sak met 13 perlemoene in hul skulpe en 28 ontskulpte perlemoene is in die boot gevind.

Van Wyk sê die waarde van die perlemoene en toerusting waarop beslag gelê is, moet nog vasgestel word en behoort ’n aansienlike bedrag te beloop.

Die mans, almal in hul 20’s, sal in die landdroshof op Hermanus verskyn.

Meer oor:  Gansbaai  |  Stropers  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.