Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende stropers in Krugerwildtuin gevang

Twee vermeende stropers is Saterdagaand in die Krugerwildtuin vasgetrek.

Die inhegtenisname kom nadat ’n vliegtuig wat die vermeende wildstropers agternagesit het in dié park neergestort het.

Sanparke het vroeër in ’n verklaring gesê die vastevlerkvliegtuig, ’n Foxbat Bantam, was op ’n teenstroop-operasie toe die ongeluk gebeur het.

Isaac Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, het Sondagmiddag bevestig die twee vermeende stropers is gevang deur veldwagters wat die soektog ná die vliegongeluk voortgesit het.

Hy sê die verdagtes sal so gou moontlik in die plaaslike landdroshof verskyn.

Phaahla het bevestig die vlieënier wat in die ongeluk betrokke was, is Stephen Whitfield, ’n plaaslike streeksveldwagter.

’n Plaaslike dokter in Skukuza het Whitfield kort ná die ongeluk ondersoek waarna hy na die Nelspruit Mediclinic geneem is vir verdere hulp.

“Ek het vroeër vanmiddag (Sondag) met hom gepraat. Hy het ’n stywe nek en ’n paar steke, maar verder gaan dit goed met hom.”

Volgens Phaahla is die oorsaak van die vliegongeluk nog nie bekend nie.

“Ons het die Burgerlugvaartowerheid van die voorval in kennis gestel en hulle sal dit ondersoek, waarna hulle ’n verslag aan ons sal voorlê.”

Glenn Phillips, uitvoerende bestuurder van die Krugerwildtuin, het vroeër gesê hy is verlig dat niemand in die voorval dood is nie.

“Ons is dankbaar dat die vlieënier oënskynlik oukei is. Ons sal ondersteuning aan hom verskaf om deur die traumatiese ervaring te kom. Ons gebede is met hom en sy familie en ons wens hom ’n vinnige herstel toe.”

Meer oor:  Stephen Whitfield  |  Sanparke  |  Stropers  |  Krugerwildtuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.