Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende stropers in wildtuin gevang

Veldwagters het Woensdag drie vermeende renosterstropers in die omgewing van Krokodilbrug in die Krugerwildtuin vasgetrek.

Luidens ’n verklaring van Sanparke is hulle in ’n teenstropingsoperasie aangekeer waarna veldwagters op ’n hoëkaliberjaggeweer, patrone en toerusting wat dikwels gebruik word in die onwettige jag van wilde diere beslag gelê het.

Die verdagtes se spore is vroegoggend opgemerk en ’n vastevlerkvliegtuig en helikopter is ingespan om na hulle te help soek. Nie lank hierna nie is die eerste verdagte aangekeer. Die ander twee verdagtes is later die dag vasgetrek.

Isaac Phaahla, woordvoerder van Sanparke, sê daar is die afgelope vyf dae agt vermeende stropers in die wildtuin gevang. Daar is ook op drie jaggewere, patrone en jaggereedskap beslag gelê.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.