Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Terroris' van Kaap het glo bande met Crusaders

’n Man van Kuilsrivier in Kaapstad is vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, plofstof en ploftoestelle in hegtenis geneem.

Harry Knoesen (60), leier van die Crusaders National Christian Resistance Movement, bekend as die Crusaders.Foto: Facebook/Sampie Stoffberg

Die Valke se afdeling vir ernstige georganiseerde misdaad, misdaadintelligensie en die provinsiale Flash-eenheid het die 46-jarige man Donderdag op sy sakeperseel in hegtenis geneem.

Hy het glo bande met vier ander verdagtes wat reeds in hegtenis is en op beweerde terroriste-aktiwiteite teregstaan. Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Kuilsrivier verskyn.

Die vier verdagtes is Harry Knoesen (60), leier van die Crusaders National Christian Resistance Movement (bekend as die Crusaders), Riana Heymans (54), ’n eiendomsagent en ouma van twee, asook twee broers, Eric (55) en Errol Abrams (49).

Hulle het verlede Maandag in die streekhof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn. Daar is vroeër berig hulle word aangekla ingevolge die Wet op die Beskerming van die Grondwetlike Demokrasie teen Terroriste- en Verwante aktiwiteite.

’n Wapen en plofstowwe wat in ’n 46-jarige man se besit gevind is.Foto: Verskaf

Meer oor:  Harry Knoesen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.