Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermeende transitorower buite Qwaqwa doodgeskiet

’n Vermeende transitorower is in ’n skietery met die polisie dood en vyf ander is in hegtenis geneem voordat hulle glo daarin kon slaag om ’n geldwa buite Qwaqwa in die Oos-Vrystaat te beroof.

Die ses mans het na bewering ’n transitorooftog in die Qwaqwa-omgewing beplan toe beamptes van die Valke in KwaZulu-Natal, Vrystaatse polisielede, misdaadintelligensie en die taakmag hulle Donderdag tussen 10:00 en 11:00 op die R57-pad buite Qwaqwa gestuit het.

’n Polisiebeampte sit by van die mans ná die skietery waarin een van hul makkers dood is. Die mans wou glo ’n geldwa beroof. Foto: Facebook
Polisiebeamptes op die toneel waar voornemende transitorowers ná ’n skietery aangekeer is. Foto: Facebook

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê die mans wou na bewering ’n transitorooftog uitvoer. In die konfrontasie het ’n skietery tussen die mans en die polisie uitgebreek, waarin die een man noodlottig gewond is.

Sy makkers is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op aanvalsgewere en pistole sowel as die twee voertuie waarin hulle gery het.

Mulaudzi het gesê die ondersoekers stel nog profiele van die verdagtes saam.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

* Die berig is aangepas nadat die aanvanklik gepubliseer is.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapens wat die vermeende rowers gebruik het om op die polisie te skiet.Foto: Facebook
Gemaskerde polisiebeamptes staan wag by twee van die vermeende rowers nadat hulle ná ’n skietery aangekeer is. Foto: Facebook
Meer oor:  Qwaqwa  |  Rooftog  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.