Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verminkte lyk uitgeken as vrou van Pta

Die verminkte lyk van ’n vrou van Pretoria wat verlede Woensdag op die N1-hoofweg gevind is, is vroeër vandeesweek uitgeken as Dianne Rose Ayres (36) van Kilnerpark in die Pretoriase Moot.

Ayres is vir die laaste keer op 29 November gesien toe haar vriendin Annari Nemo haar by haar huis in Kilnerpark afgelaai het.

Dianne Rose Ayres (36) Foto: Facebook

“Ons was saam na die begrafnis van ons vriend. Ek het haar by haar huis afgelaai en sy het by die huis ingegaan. Dit was die laaste keer wat ek haar gesien het.”

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisiekantoor, sê Ayres is op 29 November naby die N1-snelweg gevind, maar dat sy in daardie stadium onbekend was aan die polisie.

“Die Villieria-polisie het op verskeie maniere probeer om haar identiteit vas te stel. Op 5 Desember is daar ’n vrou as vermis aangemeld. Dit het geblyk dieselfde vrou te wees.”

Brits sê haar naasbestaandes is onmiddellik in kennis gestel. “Die familie ontvang alle moontlike bystand van die speurdiens.”

Volgens Brits word ’n saak van strafbare manslag ondersoek. “Alle leidrade word ondersoek en geen gevolgtrekkings word op die oomblik gemaak nie.”

Ayres se ma, Rose, het vroeër op Facebook geskryf dat sy haar dogter Woensdag moes gaan uitken.

“My dogter is doodgekap en by ’n motor uitgegooi. Haar gesig is weg, albei haar voete is bo die enkels afgekap, en sy het diep meswonde oor haar liggaam,” lui die boodskap.

Brits sê hoewel die lyk verskeie beserings gehad het, word geen liggaamsdele vermis nie. “Die oorsaak van die beserings sal weergegee word in die volledige lykskouingsverslag.”

Brits doen ’n beroep op enige lid van die publiek wat inligting rondom die voorval het om die Villieria-speurtak by 012 403 8607 te kontak.

Ayres (36) se verminkte lyk is verlede Woensdag naby die N1-snelweg in Pretoria gekry. Foto: Facebook

Meer oor:  Dianne Rose Ayres  |  Raaiselmoorde  |  Moord  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.