Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermiste man se lyk aan boom gevind
Die oorledene was van ’n nedersetting naby Giyani in Limpopo.

Die polisie in Limpopo het die lyk van ’n man wat vermoedelik in Augustus vermis geraak het, gevind waar dit aan ’n boom in die berge naby sy nedersetting hang.

Mhlori Maluleke (25), van ’n nedersetting buite Giyana, 105 km van Tzaneen, se lyk was reeds besig om te ontbind toe hy gevind is, sê kol. Moatshe Ngoepe van die polisie.

“Die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word deur die nadoodse ondersoek,” het hy bygevoeg.

Maluleke is sedert 8 Augustus vermis.

Ná sy verdwyning het die gemeenskap “oproerig geword”, sê Ngoepe.

Die eiendom van ’n sakeman en twee van sy werkers is aan die brand gesteek. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle vir Maluleke se verdwyning verantwoordelik is.

Een van die werkers is dieselfde dag as die brande op ’n plaaslike sokkerveld vasgekeer en gedreig.

Die oproeriges het glo met ’n sangoma gekonsulteer wat die drie mans as die skuldiges in Maluleke se verdwyning uitgewys het.

Die werker is aangerand, gebrand en gesleep na die huis wat aan die sakeman se ma behoort.

Dié eiendom en drie voertuie is aan die brand gesteek. Die man is later in die hospitaal dood.

“Kort daarna is die oproeriges na die sakeman se huis waar hulle dit met klippe bestook het,” sê Ngoepe.

Die huis en die elektriese heining is beskadig.

Die huis van ’n ander werknemer van die man is toe aan die brand gesteek.

Twintig verdagtes, 19 mans en een vrou, is aangekeer in verband met die geweldpleging.

Hulle het in die landdroshof in Giyani op aanklagte van moord, brandstigting, openbare geweld en saakbeskadiging verskyn.

Die groep is borgtog geweier en die saak is tot 27 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Meer oor:  Limpopo  |  Giyani  |  Vermiste Man  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.