Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermiste Meghan Cremer se lyk gekry

Die vermiste Meghan Cremer (30) se lyk is gevind.

Cremer het op 3 Augustus 2019 spoorloos verdwyn nadat sy omstreeks 18:24 laas by haar huis in die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas in Philippi, Kaapstad, gesien is.

Haar lyk is Donderdagoggend omstreeks 01:00 in ’n sandmyn in Philippi, Kaapstad, gevind.

Cremer het op 3 Augustus 2019 spoorloos verdwyn nadat sy omstreeks 18:24 laas by haar huis in die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas in Philippi gesien is.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend bevestig haar lyk is gevind. “Die ondersoek en soektog het ons na ’n sandmyn op ’n plaas in Philippi gelei,” sê Van Wyk.

Van Wyk sê drie verdagtes (27, 34 en 35) is op 3 Augustus omstreeks 20:00 vir die besit van ’n gesteelde voertuig in hegtenis geneem. “Ná verdere ondersoek het ons vasgestel dat die voertuig aan die vermiste 30-jarige vrou behoort het,” sê Van Wyk.

Drie verdagtes het vandag in die landdroshof in Athlone verskyn. Lees hier: Cremer met tou om nek gevind - só lyk die verdagtes

Cremer se broer, Paul Cremer, het ná Cremer se verdwyning ’n pleidooi op Facebook gerig dat enigiemand wat inligting oor sy suster se verdwyning het, hom asseblief moet kontak.

Die Pink Ladies wat help om vermiste mense op te spoor, het ook ’n plakkaat met Meghan se besonderhede gemaak en versprei.

Soos vroeër berig het die polisie Cremer se voertuig Maandag omstreeks 01:00 in Lotusrivier naby Philippi gevind, waarna dit na die polisieskut in Bellville-Suid geneem is vir ’n forensiese ondersoek.

Meghan Cremer (supplied)

Meer oor:  Kaapstad  |  Philippi  |  Meghan Cremer  |  Moord  |  Vermis  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.