Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermiste meisie (12) van Kaapstad se lyk gekry

Die polisie in die Wes-Kaap het die lyk van 'n vermiste meisie van Kaapstad gekry.

Die polisie het 'n verklaring op Twitter geplaas dat die soektog na Michaela Williams (12) van Grassy Park uitgeloop het op die inhegtenisneming van 'n verdagte Donderdag in die vroeë oggendure.

Haar lyk is in Phillipi gekry.

Michaela het Dinsdagmiddag spoorloos verdwyn. Die polisie het Woensdag die publiek se hulp gevra om Michaela op te spoor.

Sy is Dinsdag laas in Cranestraat in New Horizon, Grassy Park, gesien.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het toe gesê sy is in die vroeë oggendure as vermis aangemeld nadat sy laas in die geselskap van ’n man gesien is wat ook in Cranestraat woon.

Die 48-jarige verdagte sal Vrydag in die landdroshof in Wynberg verskyn.

Michaela Williams is sedert Dinsdag vermis.Foto: Verskaf

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Williams se ma het haar Woensdag as vermis aangemeld, waarna die polisie met hul ondersoek begin het.

"Die polisie het belangrike leidrade opgevolg en die verdagte ondervra. Die ondervraging het daartoe gelei dat die verdagte vir die polisie gaan wys het waar Williams se lyk is. Die verdagte word van moord aangekla," sê Potelwa.

Sy sê 'n nadoodse ondersoek sal gedoen word. Dít kan beteken dat nog klagte teen die verdagte gebring gaan word.

Lt.genl. Yolisa Matakata, nuwe Wes-Kaapse polisiekommissaris, het haar skok uitgespreek oor "nóg 'n kind wat op 'n wrede manier vermoor is". Sy het almal bedank wat by die soektog betrokke was en sê die skuldige verdien 'n swaar vonnis.

"Dit bring nie die lewe terug wat geneem is nie, maar 'n swaar vonnis sal verseker dat die gemeenskappe in Kaapstad veiliger is," sê Matakata.

Meer oor:  Kaapstad  |  Grassy Park  |  Moord  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.