Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermiste polisielid se lyk met wond in agterkop gevind

’n Polisielid van Port Elizabeth wat as vermis aangemeld was, is met ’n skietwond in sy kop dood in ’n beboste gebied net buite die stad gevind.

’n Veewagter het Maandagoggend op die lyk van kapt. Mzikayise Kelemane (47) van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid afgekom.

Volgens kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het hy ’n skietwond aan sy agterkop gehad.

Hy is op die agtersitplek van sy dubbelkajuitbakkie gevind wat langs Addo-weg naby Coega in die bosse geparkeer was.

Muridili sê dit is nog onseker of dié bakkie sy private of ’n staatsvoertuig is.

Sy vrou het hom Sondag as vermis aangemeld nadat hy nie die aand huis toe gekom het nie.

Muridili kon nie bevestig of hy beroof is en of hy sy dienspistool by hom gehad het nie.

’n Saak van moord word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.