Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermiste Recolin (8) glo saam met vreemdeling gesien

Daar is ’n groot moontlikheid dat die vermiste Recolin Witbooi (8) van Barcelona, Port Elizabeth, ontvoer is, en dat sy verdwyning verband hou met ’n netwerk van misdadigers in die stad wat jong kinders vir die seksbedryf werf of ontvoer.

In sy soektog na Recolin Witbooi het Nel met straatkinders in verskillende dele van Port Elizabeth gepraat. Hy sit hier en gesels met straatkinders in die Newton Park-omgewing. Foto: Lulama Zenzile

Recolin, wat Saterdag sy negende verjaardag vier, het 26 dae gelede in die omgewing van sy ouerhuis spoorloos verdwyn.

Hy en twee maats het op 6 Julie glo by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, vis gaan vang. Die maatjies beweer hulle het Recolin daar gelos toe hulle huis toe is.

Leon Nel, ’n private forensiese ondersoeker van Cold Cases SA, het op eie onkoste besluit om te kom help toe talle soektogte deur die polisie en lede van die gemeenskap niks opgelewer het nie.

Nel het die onthulling van die moontlike seksnetwerk gemaak nadat leidrade wat hy opgevolg het, hom in dié rigting gelei het.

Hy kon op die derde dag van sy ondersoek vasstel dat Recolin verlede Vrydag moontlik nog lewend gesien is in die geselskap van ’n ouer persoon.

Met die toestemming van hul ouers het Nel die seuns wat op die dag van Recolin se verdwyning in sy geselskap was, ondervra.

Hy het tydens die onderhoude met dié seuns besef dinge is nie pluis nie, want hul weergawes van die gebeure van die betrokke dag het verskil.

Inligting wat die kinders aan Nel weergegee het, was dat ’n jong swart man wat Afrikaans praat, vir Recolin gegryp het. Hy vermoed die seuns het stilgebly uit vrees, en omdat hulle deur ’n bendelid wat glo by die seksnetwerk betrokke is, gedreig is om nie ’n woord te rep nie.

Die seun sê hy moes tydens sy aanhouding gruwelike seksdade met ouer mans uitvoer.

Nel kon daarin slaag om ’n seun op te spoor wat in die teenwoordigheid van sy ma gebieg het dat hy in ’n hok wat tussen die bosse by Somerstrand versteek is, aangehou is deur lede van die seksnetwerk.

Die seun sê hy moes tydens sy aanhouding gruwelike seksdade met ouer mans uitvoer.

Kort hierna het nog ’n seun van Helenvale, en talle ander seuns die bestaan van die seksnetwerk aan Nel bevestig.

Hulle verwys na die persone met wie hul gedwing is om seksdade uit te voer as “die uncles” en “die boere”.

Die seuns moes tydens hul aanhouding glo ook wurms opgrawe wat aan vissermanne in die Somerstrand-omgewing verkoop word.

Leon Nel en Recolin se ma, Chriszelda Witbooi, praat met die seun wat beweer hy het Recolin verlede Vrydag lewend gesien naby hierdie tak van KFC in Albanyweg, Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Die seun van Helenvale het die plek waar die seuns na bewering aangehou is, aan Nel uitgewys.

Hierna het twee seuns gesê hulle het Recolin verlede Vrydag by die KFC in Albanyweg saam met ’n ouer man gesien.

Die seuns het by die verkeersligte gaan bedel toe hulle Recolin en die man gewaar.

Hulle is dit eens die man het vir Recolin aan die hand gegryp en weggehardloop toe hulle na Recolin roep.

“Die eienaar van die KFC het ingestem om die beeldmateriaal van die kringtelevisiekameras beskikbaar te stel. Ek gaan dit Vrydag onder oë kry,” sê Nel.

“Dit sal kan bevestig of Recolin wel daar was, soos die seuns beweer, en moontlik ook die identiteit van die persoon wat saam met hom was.

“Ek het die bosse in Somerstrand gefynkam en op die hok afgekom waar die seuns beweer hulle aangehou is. Daar is ook twee ander hokke ’n kort afstand weg tussen die duine.”

Al die inligting wat Nel versamel, word aan die polisie oorhandig. Nel het die polisie se toestemming gekry om te help met die saak.

Recolin se ma, Chriszelda, sê sy weet nie meer wat om te dink nie, maar sy soek haar seun terug ongeag wat met hom gebeur het.

Chriszelda sê Recolin is mal oor verjaardae. Sy het min hoop dat sy hom Saterdag op sy verjaardag gaan sien.

Meer oor:  Recolin Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Seksuele Misbruik  |  Ontvoer  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.