Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermiste Tazne (8) se lyk gekry

Tazne van Wyk (8) van Elsiesrivier in Kaapstad wat op 7 Februarie vermis geraak het se lyk is gekry.

Die verdagte in die ondersoek na haar verdwyning, Moyhdine Pangarker (54), het die plek aan die polisie uitgewys waar haar lyk gekry is.

Tazne van Wyk (8) Foto: Verskaf

Pangarker is Dinsdag in Cradock in die Oos-Kaap aangekeer en in hegtenis geneem in verband met ’n uitstaande lasbrief wat uitgereik is nadat hy sy paroolvoorwaardes van 'n vorige oortreding verbreek het.

Moyhdine Pangarker

"Die verdagte is verder deur die polisie ondervra en hy het gesê Tazne se lyk is in Worcester. Hy het Woensdagaand die plek waar haar lyk is, in 'n stormwaterdrein buite die dorp, aan die polisie uitgewys," het brig. Novela Potelwa, provinsiale woordvoerder, aan Netwerk24 gesê. 

Pangarker, wat volgens die polisie naby Tazne gewoon het, word nou van moord aangekla en verskyn Vrydag in die landdroshof in Goodwood.

"Pangarker, wat 'n buurman van Tazne was, word vandag na Kaapstad geneem," sê Potelwa.

Tazne het verdwyn nadat sy na ’n huiswinkel naby haar ouers se skakelwoonstel in Clarestraat, Connaught Estate, Elsiesrivier, gestuur is.

Volgens die polisie is haar ouers, Carmen van Wyk (28) en Terrence Manuel (31), daarvan in kennis gestel dat haar lyk gekry is en ontvang hulle tans berading.

Lt.genl. Yolisa Matakata, polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die ondersoekspan se toegewydheid geprys.

Sy sê in 'n verklaring hoewel Pangarker se inhegtenisneming Tazne nie gaan terugbring nie, dien dit wel as 'n waarskuwing.

“In 'n provinsie wat berug is vir misdaad teen vroue en kinders, benadruk ons weer dat ons daartoe verbind is om die oortreders van hierdie gruweldade aan te keer en die volle mag van die gereg te laat voel."

Meer oor:  Tazne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.