Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermiste vrou se onderklere langs N1 gekry
Hester Luke

Die polisie vra die publiek se hulp om ’n vermiste vrou van Leeu-Gamka op te spoor wie se onderklere en skoene in ’n beboste gebied langs die N1 by dié Karoodorpie gekry is.

Hester Luke (61) is die laaste keer op 28 November gesien, lui ’n polisieverklaring.

“ ’n Familielid het haar op 30 November as vermis aangemeld,” sê sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, in die verklaring.

Volgens Spies is ’n soekgeselskap bestaande uit polisie-eenhede en gemeenskapslede dieselfde dag op die been gebring en het hulle onder meer Luke se onderklere en skoene in die beboste gebied gekry.

’n Polisiehond wat liggaamsvloeistowwe soos bloed en semen uitsnuffel, is in die soektog ingespan, maar kon geen teken van haar vind nie.

Luke is skraal met kort hare en weeg sowat 60 kg. Hoewel die persoonlike artikels wat langs die N1 gekry is, uitgeken is, is dit nie bekend wat sy aangehad het nie.

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Corrie Roos van die polisie se speurafdeling in Leeu-Gamka, by 079 894 0018 of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.