Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde al in 2016 as ‘huurmoordenaar’ beskryf

’n Vermeende huurmoordenaar wat twee weke gelede in Belhar doodgeskiet is, glo in opdrag van die vermeende bendebaas Colin Booysen (51), is reeds in 2016 deur die polisie as ’n huurmoordenaar beskryf.

Adrian Pieters was net 19 jaar oud toe hy in Januarie 2016 deur kol. Eddie Clark in die landdroshof in Bellville as ’n huurmoordenaar vir die Sexy Boys van Belhar beskryf is.

Adrian Pieters met ’n Uzzi-vuurwapen.

Pieters het destyds ontken hy is ’n lid van die Sexy Boys, maar het erken hy is ’n lid van die 26’s-tronkbende.

Pieters was volgens die 2016-hofsaak ’n lid van die Okka Boys. Die Okka Boys het glo ’n noue verbintenis met die Sexy Boys wat na bewering deur Booysen en sy ouer broer, Jerome (Donkie) Booysen, gelei word.

Booysen, Calvin Abels en Vuyosani Mcingwane het verlede Vrydag in die landdroshof in Bellville, Kaapstad, verskyn in verband met die moord op Pieters.

Dié saak is herhaaldelik uitgestel sodat ’n gevangenis gevind kon word wat al drie mans sal toelaat, terwyl hul regspan gedurig kapsie gemaak het teen gevangenisse wat die staat voorgestel het. Uiteindelik het die staat gereël dat die mans in die Drakenstein-, Malmesbury- en Goodwood-gevangenis aangehou sal word.

Hulle sal weer op Woensdag 17 Oktober in die hof verskyn vir hul borgtogaansoeke.

Meer oor:  Colin Booysen  |  Belhar  |  Huurmoordenaar  |  Sexy Boys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.