Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde beampte was naby aftrede

Een van die Durbanse metropolisiemanne wat Maandag vermoor is, was op die punt om bevorder te word terwyl die ander een naby aftrede was.

Dit het Donderdag in die roudiens vir sers. Zephania Dladla en konst. Nomasonto Mhlanga aan die lig gekom.

Hulle is doodgeskiet terwyl hulle die huis van Sthe Zulu, ANC-raadslid vir wyk 52 in Bhambayi, Phoenix, opgepas het.

Vasantha Singh, direkteur van die eThekwini-metro se noordstreek, het gesê Mhlanga was ’n dapper, uitgesproke vrou wat in die polisie opgang wou maak.

Lees ook: https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/3-vas-vir-moord-op-beamptes-wat-raadslid-beskerm-20190523

“Ons het twee weke gelede ’n lang en belangrike gesprek in my kantoor gehad. Ons het gelag en gehuil en gekuier. Ek haar ingelig dat sy na die lughawe as ’n waarnemende kaptein oorgeplaas gaan word. Sy was geweldig bly en het my gedruk en gesoen,” het Singh gesê.

Volgens haar was Dladla ’n nederige en gerespekteerde mens. Hy was naby aftrede.

“Ek kan nie glo dat iemand so ’n afskuwelike ding kan doen nie.”

Sy het die eenheid in die metropolisie geprys. “Ons staan soos een in die blou uniform.”

Singh het ook die hoop uitgespreek dat die oorledenes se families vrede in die herinneringe aan hul geliefdes kan vind.

Meer oor:  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.