SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde eiendomsagent was ‘staatmaker’, sê Seeff-hoof
Eldie Gerber, direkteur van Seeff Strand. Foto: Facebook

Die eiendomsagent van die Strand wat in sy woonstel vermoor gevind is, is bestempel as ’n ware staatmaker binne die Seeff-eiendomsgroep en ’n legende in die eiendomswêreld.

Eldie Gerber (56), direkteur van Seeff in die Strand, is Vrydag omstreeks 10:40 dood in sy woonstel in Kusweg in die Strand gevind.

Die Wes-Kaapse polisie het vroeër aan Netwerk24 laat blyk dat die ondersoekspan inligting opgevolg het en ’n verdagte (30) naby die moordtoneel in hegtenis geneem het.

Die verdagte was blykbaar steeds in besit van Gerber se besittings. Die verdagte sal Maandag in die landdroshof in die Strand op aanklag van moord verskyn.

Stuart Manning, uitvoerende hoof van Seeff, sê by navraag Gerber was 25 jaar lank deel van die Seeff-eiendomsgroep en ’n ware staatmaker binne die groep en in die Strand-gebied.

Volgens Manning is die Seeff-groep erg geskok en baie hartseer oor die dood van Gerber, direkteur en die lisensiehouer van Seeff Strand.

Daar is nog geen begrafnisreëlings nie. Dit sal waarskynlik die komende week bekend gemaak word. Gerber word onder meer oorleef deur ’n seun, Quintus.

Op Facebook het mense geskryf Gerber was ’n gawe, reguit mens, ’n legende in die eiendomswêreld en dat die Strand en Kusweg nooit weer dieselfde sonder hom gaan wees nie.

Meer oor:  Eldie Gerber  |  Strand  |  Eiendomsagent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.