Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde haweloses in gewilde park gekry

Die polisie in Pretoria het ’n reuse-soektog na die moordenaar(s) van drie hawelose mans die afgelope twee weke in Muckleneuk begin.

Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, sê die jongste slagoffer se lyk is Sondag in Magnoliadal, ’n gewilde park in Muckleneuk, ontdek.

Die vorige dag is nog ’n lyk in dieselfde park gekry.

“Die eerste lyk is twee weke gelede op ’n Saterdag in ’n veld naby die Mears-treinstasie in Muckleneuk ontdek.”

Die twee plekke is net sowat 2,8 km uit mekaar.

Volgens Mavimbela lyk dit asof al drie die slagoffers op dieselfde wyse vermoor is.

“Die slagoffers is almal met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan en hulle is meer as een keer met ’n mes in die bolyf gesteek. Ons weet nog nie wat die motief vir die moorde is nie.”

Die plaaslike polisie het intussen begin om haweloses in die gebied van die moorde bewus te maak.

“Ons praat met hulle en sê hulle moet snags liewers in groepe bly.”

Hy sê forensiese kenners, informante en misdaad-intelligensie maak deel uit van die ondersoekspan wat op die been gebring is.

Mavimbela het ’n beroep gedoen op mense met inligting om die polisie by 0860 010 111 te skakel. Hulle kan die inligting anoniem verskaf. Inligting kan ook per SMS na 32211 gestuur word.

Meer oor:  Haweloses  |  Moord  |  Reeksmoorde  |  Pretoria-Nagsluiper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.