Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde IVP-lid het voor kommissie getuig

Die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) het ’n beroep om kalmte gedoen nadat ’n IVP-stadsraadslid Vrydagaand naby Ladysmith in KwaZulu-Natal koelbloedig vermoor is.

Mthembeni MajolaFoto: Argief

Mthembeni Majola (39), ’n bestuurskomiteelid van die Inkosi Langalibalele-munisipaliteit in Estcourt, was een van die mense wat voor die Moerane-kommissie van ondersoek na politieke moorde in KwaZulu-Natal getuig het.

Die insittendes van twee voertuie het op Majola se motor geskiet terwyl hy oor spoedwalle op die R103 stadiger moes ry.

Hy is op die toneel dood. Twee ander mense is volgens die polisie in die aanval gewond.

Die motief vir die aanval is onbekend, maar dit was volgens die IVP die tweede aanslag op Majola se lewe.

Hy is in 2010 in ’n hinderlaag gewond en was daarna in ’n rystoel.

Die IVP het in ’n verklaring sy skok oor die voorval uitgespreek en dit veroordeel. Hy is hoopvol die polisie sal die skuldiges aankeer.

Die party het ’n beroep gedoen op mense met inligting om na vore te kom.

Die regering het verlede jaar ’n interministeriële komitee saamgestel om die rede vir die groot getal politieke moorde in KwaZulu-Natal te ondersoek.

Bheki Cele, minister van polisie, het vroeër vandeesmaand gesê die polisie maak tans groot deurbrake.

Meer oor:  Ivp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.