Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde Kaapse prokureur: ‘Bewyse reën weg’

Huldeblyke het Maandag en Dinsdag op sosiale media ingestroom ná die dood van ’n bekende Kaapse prokureur Sondag in Makhaza in Khayelitsha.

David Mbazwana. Foto: Verskaf

David Mbazwana (38) is volgens die polisie Sondag omstreeks 14:20 voor ’n sakeonderneming in die Eiland-informele nedersetting in Makhaza deur onbekende aanvallers geskiet.

Hy is op pad na die hospitaal dood.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n moorddossier geopen.

Hy het ook gevra mense met inligting oor die moord kan die Harare-polisie by 021 363 9000 bel of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 skakel.

Op Facebook het Leon van der Merwe, ’n Kaapstadse prokureur en kollega van Mbazwana, gesê hul kantoor sal stil sonder hom wees.

Intussen het mense ná aan Mbazwana Dinsdag beweer dat die polisie eers Maandag kort voor 10:00 die toneel besoek het waar Mbazwana geskiet is.

’n Vriend van Mbazwana sê dit het Sondagaand gereën. “Dit beteken mos dat al die bewyse wat daar moontlik op die toneel kon wees, weggereën het.”

Mbazwana het tot verlede jaar vir Linda Ntulo in die hof verteenwoordig. Ntulo word daarvan aangekla dat hy sy meisie, Aviwe Jam Jam, in 2017 vermoor het en toe haar lyk in Athlone gaan los het.

Meer oor:  Kaapstad  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.