Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde man van Welgelegen was ‘geliefde vriend, kollega’

Hy was ’n geliefde vriend en kollega by ’n tak van Business Partners International (PTY) in Kaapstad. Maandagoggend het die huldeblyke vir Vincent Bartes (58) op sosiale media ingestroom.

Sy kollega en vriendin Ayesha Akoodie het Bartes op haar Facebookblad as ’n legende beskryf.

“Ons het tragies ’n geliefde vriend, kollega en mentor verloor.”

Sy sê dat sy altyd sal lag vir hoe Bartes nie altyd mense se name reg kon uitspreek nie. Hy was ook nie tegnologies goed aangelê nie.

Vincent Bartes Foto: Ayesha Akoodie/Facebook

“Jy was die persoon na wie ek my gewend het. En hoewel ons nie altyd oor alles saamgestem het nie, het ons vriendskap floreer. Jy was hardekop, met die stoutste glimlag.”

VCB ... dit sal nooit weer dieselfde sonder jou wees nie. Rus in Vrede Legende.”

Johannes Vlok skryf op Akoodie se Facebookblad: “Hy was ’n groot siel en spesiale karakter. Baie jammer om te hoor van sy afsterwe. Sterkte almal by Business Partners, julle het ’n antieke en duursame meubelstuk verloor in die huis. Dink aan julle almal.”

Bartes is Sondagaand in sy huis in Generaal Hendrik Schoemanstraat, Welgelegen, Parow, vermoor.

Netwerk24 het Maandag berig dat Bartes se hande en voete vasgebind was.

Veiligheidswagte het op sy lyk afgekom nadat bure die aand vreemde geluide en ’n harde knal gehoor het.

Dit het glo soos ’n motorongeluk geklink. Die bure het die veiligheidsmaatskappy ontbied om ondersoek in te stel.

Hy het verskeie steekwonde gehad.

’n Bron het gesê die polisie sal egter op die lykskouing moet wag om te hoor wat die oorsaak van sy dood is. Daar was baie bloed in sy slaapkamer waar sy lyk vasgebind gevind is.

Die huis in Welgelegen in Kaapstad waar Vincent Bartes vermoor is. Foto: Jaco Marais

Die polisie se forensiese speurders was Maandag omstreeks 19:00 nog steeds besig om die huis te fynkam vir leidrade.

Bartes se skootrekenaar en nog verskeie ander kleiner elektroniese toerusting is gesteel.

Sy silwerkleurige Mercedes-Benz is Maandag verlate in Mitchells Plain gevind.

Ook die voertuig word nou vir leidrade deursoek.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/vermoorde-vasgebind-in-huis-in-welgelegen-gekry-20210125

Meer oor:  Vincent Bartes  |  Welgelegen  |  Kaapstad  |  Rooftog  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.