Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde ouderling was ‘sterk man tot sy oudag’
Pikkie Nel Foto: Verskaf
Arnold Schwarzenegger Foto: Getty Images

ie man wat Vrydag in Polokwane vermoor is toe hy in ’n waterpoel visgevang het, het in sy jonger dae internasionaal aan liggaamsboukompetisies deelgeneem.

Zacharias Arnoldus (Pikkie) Nel (70) het selfs in 1972 aan die Mnr. Heelal-wedstryd deelgeneem saam met die bekende akteur Arnold Schwarzenegger.

Schwarzenegger het in 1972 die titel verower. Hy het vyf keer die titel as Mnr. Heelal verower.

Nel is Vrydag in ’n waterpoel van die Sandrivier in die woonbuurt Ladanna vermoor.

Jeanette Nel, sy dogter, sê die moord op haar pa is ’n geweldige skok. “Hy was ’n sterk man tot sy oudag toe. As hy oorval is, sou hy beslis terugbaklei het.”

Sy sê haar pa het jare terug opgehou om aan liggaamsboukompetisies deel te neem, maar hy was steeds sterk.

Nel, ’n Ouderling van die Volle Evangelie-kerk, is vermoedelik deur ’n onbekende aantal mans langs die viswaters oorval, aangerand en met ’n skerp voorwerp gesteek toe hy visgevang het.

Sy hande was agter sy rug vasgebind toe hy Vrydagaand omstreeks 19:30 tussen biesies en gedeeltelik onder ’n boomstomp gekry is. Sy valstande is selfs gesteel. Sy familie het sedert 13:00 die middag na hom gesoek toe hy nie sy selfoon geantwoord het nie. Hy het drie ure tevore nog met sy vrou, Joey, oor die telefoon gepraat en gesê hy het kurpers gevang.

Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Nel se selfoon en pistool is gesteel. Sy polshorlosie is nie gesteel nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Jeanette sê ’n lykskouing sal eers Dinsdag op haar pa gedoen word. Hy het jare lank as ’n werkswinkelbestuurder in die motorbedryf in die stad gewerk.

Joey is gebroke nadat haar man van die afgelope 52 jaar dood is. Joey en Pikkie is drie jaar gelede deur erge trauma toe hul dogter, Yvonne Lesley (38) aan kanker dood is. Jeanette is hul enigste oorlewende kind.

Nel sal Donderdag uit die Volle Evangelie Kerk in Ladanna, waar hy ’n ouderling was, begrawe word. Die tyd sal nog bekendgemaak word.

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.