Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde polisielede se dienspistole gekry

Die polisie in Kaapstad het die dienspistole van die polisielede wat onlangs in Kraaifontein doodgeskiet is in ’n huis in Khayelitsha gekry.

Polisielede het die huis in Makhaza Donderdag deursoek en drie dienspistole en patrone gekry.

Hulle het twee mans van 23 en 29 jaar oud in hegtenis geneem. Die mans was glo besig om die reeksnommers van die vuurwapens te verwyder, maar twee van die wapens kon geïdentifiseer word as dié van die polisielede wat op 28 Februarie in Bloekombos doodgeskiet is.

Foto ter illustrasie: Die polisie het pistole in Khayelitsha gekry wat aan twee vermoorde polisielede behoort. Foto: André Damons

Sers. Mnakwazo Mdoko (45) en konst. Mninawa Breakfast (28) was op patrollie toe ’n groep mense hulle vroegoggend voorkeer. Hulle is albei in die kop geskiet en hul dienswapens is gesteel.

’n Derde persoon is in die kop geskiet, maar sterk volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die hospitaal aan.

Mxoleleni Sikhala (32) is later Mandelapark, Khayelitsha, in hegtenis geneem en het Dinsdag op twee aanklagte van moord, een van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede in die landdroshof in Blue Downs verskyn.

Die drie pistole waarop die polisie in Khayelitsha beslag gelê het.

Die roofklag hou verband met dienspistole, patrone en ’n selfoon wat gesteel is.

Intussen het die polisie se ondersoek hulle gelei na ’n huis in Harare, Khayelitsha, waar ’n vierde wapen, glo die moordwapen, gevind is. Die huiseienaar is in hegtenis geneem.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/man-in-hof-na-2-polisielede-se-skietdood-20210302

Sikhala sal op 9 Maart vir ’n borgtogaansoek weer in die hof verskyn.

Meer oor:  Mninawa Breakfast  |  Mnakwazo Mdoko  |  Khayelitsha  |  Polisielede  |  Gevind  |  Dienspistole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.