Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde tweejarige se lyk in rivier gekry

Die lyk van die tweejarige meisie van Delportshoop in die Noord-Kaap is Donderdagmiddag ná ’n intensiewe soektog oor ses dae in die Vaalrivier gevind.

Die lyk van die meisie, wat in die Paasnaweek deur ’n man ontvoer is, is omstreeks 12:50 onder die water in die rivier in Delportshoop gevind.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ’n klip was aan die lyk vasgemaak. Dit is nie bekend of sy vermoor is voordat sy in die water gegooi is en ook nie of sy verkrag is nie.

Daar word vir die uitslae van die nadoodse ondersoek gewag, het Tawana gesê.

’n Polisiebeampte lei Dinsdag die man, wat na bewering die tweejarige meisie ontvoer en vermoor het, na die aanhoudingselle. Foto: Verskaf

’n Klag van moord sal nou gevoeg word by die ander aanklagtes teen die 41-jarige man, wat reeds vroeër aangekeer is omdat hy by die kind se ouerhuis ingebreek en die ma probeer verkrag het.

Dié man het reeds Dinsdag in die landdroshof op Barkley-Wes op aanklagte van poging tot verkragting, huisbraak met die doel om aan te rand en ontvoering verskyn.

Sy verhoor is tot 3 Mei uitgestel.

Die polisie se soek-en-reddingseenheid, die honde- en berede-eenhede en gemeenskapslede van Delportshoop wat aan die uitgebreide soektog deelgeneem het, het reeds Dinsdag klere, wat vermoedelik aan die kind behoort het, in die veld naby die Vaalrivier gevind.

Dié man het die meisie na bewering ontvoer nadat hy nie daarin kon slaag om haar ma te verkrag nie.

Tawana het vroeër gesê hy het na bewering na die huis gegaan om die ma vermoedelik te verkrag. Hy het haar na bewering wakker gemaak en gedreig.

’n Worsteling het glo ontstaan en die man het na bewering losgeruk en met die kind gevlug.

* In ’n vorige berig is na die kind as ’n seun verwys. Dit is egter korrek dat dit ’n meisie is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.