Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde van Hartenbos ‘het almal vertrou’

’n Bejaarde man van Hartenbos wie se lyk Saterdag in sy woonstel gevind is, het altyd almal vertrou en was goed vir mense.

Fanie Oosthuizen (76) se lyk is Saterdagoggend in die Alikreukel-kompleks in Kaap de Goede Hoop-laan gevind. Hy het kopbeserings gehad.

Vriende van Oosthuizen het hom Vrydag by die polisie as vermis aangemeld. Sy motor, ’n Toyota Yaris, was weg en daar was nie antwoord by sy woonstel nie.

Fanie Oosthuizen Foto: Facebook

Polisielede op patrollie het Saterdag omstreeks 03:00 die motor by die ingang na Hartenbos gewaar.

Die motor is tot stilstand gedwing en die drie insittendes kon nie redes verskaf waarom die motor in hul besit was nie. Hulle is in hegtenis geneem.

Die polisie is toe na die woonstel waar hulle op die lyk afgekom het.

Oosthuizen het alleen gewoon.

Volgens vriende het hy vroeër in Polokwane (Pietersburg) in Limpopo gewoon waar hy onder meer ’n blokman by ’n slaghuis was.

Hy het afgetree in Hartenbos waar hy ’n woonstel gehad het. Van sy vriende het al by die woonstel vir hom gaan kuier en hulle is baie geskok oor wat gebeur het.

“Hy was ’n baie goeie mens – hy was altyd goed vir ander mense en het almal vertrou,” sê hulle.

Die drie verdagtes van onderskeidelik 28, 31 en 35 jaar oud het Maandag in die landdroshof in Mosselbaai op aanklag van moord en die besit van gesteelde goedere verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

Meer oor:  Fanie Oosthuizen  |  Hartenbos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.