Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde vasgebind in huis in Welgelegen gekry

Die lyk van ’n vermoorde 58-jarige man, wie se hande en voete vasgebind was, is Sondagaand in sy huis in Parow in die noordelike voorstede van Kaapstad gevind.

Veiligheidswagte het Sondagaand in Welgelegen afgekom op die lyk wat verskeie steekwonde gehad het.

Die bure het die aand vreemde geluide gehoor sowel as ’n harde knal wat soos ’n motorongeluk geklink het.

’n Veiligheidsmaatskappy is ontbied om ondersoek in te stel.

Die deur van die motorhuis wat in die huisbraak beskadig is. Foto: Jaco Marais

District Group, die veiligheidsmaatskappy, sê in ’n verklaring die skofbestuurder en ’n veiligheidsbeampte is omstreeks 22:05 in kennis gestel van ’n lawaai by ’n huis wat glo soos ’n motorongeluk geklink het. Hulle is hierna ingelig dat die lawaai veroorsaak is deur ’n voertuig wat ’n motorhuis se deur beskadig het.

Die beamptes is na die huis in Generaal Hendrik Schoeman-straat waar hulle die skade aan die motorhuis se deur gesien het. Hulle het om die huis gestap. Die agterdeur was toe, maar nie gesluit nie.

Hulle het by die huis ingegaan terwyl hulle hulself geïdentifiseer het.

Luidens die verklaring was die huis geplunder en die beamptes het op die man afgekom. Hy het geen teken van lewe getoon nie.

Die polisie en nooddienste is dadelik ontbied en die polisie het die toneel afgesper en oorgeneem.

Die polisie het die eiendom in Welgelegen afgesper en vir leidrade deursoek. Foto: Jaco Marais
Bure het ’n lawaai gehoor wat soos ’n motorongeluk geklink het en het op die beskadigde garagedeur afgekom Foto: Jaco Marais
Die misdaadtoneel was Maandag steeds afgesper. Foto: Jaco Marais

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê daar is vermoedelik by die huis ingebreek. Sy het bevestig dat die voorval tussen 21:00 en 22:00 moes gebeur het.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die lyk van ’n 58-jarige in die huis gevind. Sy hande en voete was vasgebind en hy het verskeie steekwonde aan sy bolyf gehad,” het sy gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord, huisbraak en die diefstal van ’n voertuig.

Bure het aan Netwerk24 gesê die man was altyd vriendelik en het ’n silwerkleurige Mercedes-Benz gery.

Die polisie kon egter nie bevestig of dít die voertuig is wat gesteel is of wat anders uit die huis vermis word nie.

Volgens Rwexana is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die identiteit van die oorledene kon nog nie bevestig word nie.

Meer oor:  Welgelegen  |  Kaapstad  |  Parow  |  Moord  |  Inbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.