Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vermoorde vrou van plaaslandgoed se naam bekend
Renée JainFoto: Facebook/Renée Jain

Die vrou wat in ’n oënskynlike huisrooftog in die De Vierde Liefde-landgoed in die Wolseley-omgewing in die Wes-Kaap vermoor is, is intussen geïdentifiseer as Renée Jain (50).

Die polisie het vroeër gesê die voorval was Saterdag omstreeks 03:30, maar het intussen bekend gemaak dat dit eintlik Vrydag omstreeks 23:00 was.

Jain was die dogter van Cathy Bruyns en die oorlede André (Bakkies) Rossouw. Hy was ’n redakteur van Sarie, ’n assistentredakteur van Huisgenoot en ook baie lank die skrywer van Die Burger-rubriek “Van alle kante”.

Bruyns het by navraag laat blyk sy is nie in dié stadium gereed om met die media te praat nie, maar volgens bronne na aan die familie is sy gebroke.

Dit is die tweede dogter wat sy aan die dood afstaan. Bruyns en Rossouw het net dié twee dogters gehad. Hul ander dogter, Nicci, is aan bloedkanker dood.

Bruyns het lank ’n bekende bloemiste-winkel in Kaapstad gehad, wat later deur Nicci oorgeneem is.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die omstandighede rondom die dood van ’n 50-jarige vrou word ondersoek nadat sy in haar huis op ’n plaaslandgoed in Wolseley vermoor is tydens ’n oënskynlike huisroof.

“Ook in 'n ander huis is mense vasgebind en beroof.”

Drie verdagtes het van die toneel gevlug en word nog gesoek.

Jain word oorleef deur haar man, Raj.

Meer oor:  Renée Jain  |  Wolseley  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.