Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veroordeelde ontsnap voor hy vonnis begin uitdien
Mbongosi Mgoqi (24) het ontsnap toe hy tronk toe geneem is om ’n vonnis van vyf jaar weens strafbare manslag uit te dien. Foto: Verskaf

Een van die twee mans wat vroeër die week naby Port Elizabeth uit ’n bewegende polisievangwa ontsnap het, sou daardie dag ’n vonnis van vyf jaar begin uitdien het

Mbongosi Mgoqi (24) en Jason Witbooi (22) het Dinsdag uit polisieaanhouding ontsnap terwyl hulle van Joubertina na die St. Albans-gevangenis, wat aan die buitewyke van Port Elizabeth geleë is, vervoer is.

Die twee het hul kans gevat toe die polisievoertuig op die R62 tussen Kareedouw en Humansdorp die oprit na die N2 wou neem. ’n Vragmotor voor die polisievoertuig het glo spoed verminder en die polisievoertuig het ook stadiger gery.

Dit was toe dat die twee gevangenes by ’n agtervenster uit die polisievangwa ontsnap het.

’n Polisietaakspan in die Humansdorp-polisiegebied was Donderdagoggend steeds op soek na hulle, sê kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder.

Mgoqi, wat aan strafbare manslag skuldig bevind is, is Maandag in die hof in Joubertina tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy reeds as 12-jarige aangekla is weens die moord op Xokile Ketshengane (30).

Jason Witbooi (22) is ’n verhoorafwagtende. Hy word verbind met die moord op Norman Ludwig (69), ’n boer van Joubertina. Foto: Verskaf

Mgoqi het die man in Louterwater, sowat 20 km buite Joubertina, met ’n mes doodgesteek. Hy het aangevoer hy het uit selfverdediging opgetree.

Hy is dieselfde aand reeds in hegtenis geneem. Hy is later op borgtog vrygelaat, maar het daarna versuim om weer in die hof te verskyn. ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.

Hy is toe op 13 November 2011 naby George in die Wes-Kaap weer in hegtenis geneem.

Die moordklag teen Mgoqi is later na strafbare manslag verander. Hy was sedertdien weer uit op borgtog.

Volgens Swart is Witbooi ’n verhoorafwagtende wat met die moord op Norman Ludwig (69), ’n boer van Joubertina, verbind word.

Ludwig se lyk is in Oktober 2018 deur ’n familievriend op sy plaas, Valleisig, sowat 10 km buite Joubertina, aangetref.

Hy is met kopbeserings buite sy huis, naby die kombuisdeur, gevind.

Swart waarsku mense om die twee mans nie self te nader nie, maar eerder die naaste polisiekantoor te kontak indien hulle opgemerk word.

Meer oor:  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.