Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verpleegster duisende kwyt ná truuk by kitsbank

’n Bloemfonteinse verpleegster sit met haar hande in die hare nadat meer as R23 000 Woensdag binne minute onregmatig uit haar FNB-bankrekening in die stad onttrek is.

R23 500 is uit Marlene Jooste, ’n verpleegster en bemarker, se bankrekening onttrek nadat haar man, Kenny, geld by ’n kitsbank in Langenhovenpark getrek het.

’n Erg ontstelde Jooste sê nadat haar man die geld onttrek het, het ’n man, wat soos ’n veiligheidswag aangetrek was, hom terug na die kitsbank geroep omdat daar glo fout met die masjien was.

Sy sê haar man het gevra hoekom, waarna die man gesê het dat hy iets op die masjien moet kanselleer sodat niemand ná sy transaksie geld uit sy rekening kan onttrek nie.

“Kenny het steeds die kaart in sy hand gehad. Die man het die kaart by hom gevat, maar Kenny het dit teruggevat en vir die man gesê hy kan dit self doen.”

Jooste sê hulle vermoed dat die “veiligheidswag” in dié tyd haar bankkaart met ’n ander kaart omgeruil het.

Haar man het sy rug op die “veiligheidswag gedraai terwyl hy haar geheime kode ingesleutel het, maar die kaart is in die proses geblokkeer.

“Hy het agterdogtig geraak en my gebel terwyl hy na ’n nommer op die tellermasjien gesoek het om die kaart te stop. Skaars ’n minuut in ons gesprek in is R3 500 by ’n ander tellermasjien in Langenhovenpark uit my rekening onttrek. Minute later is nog twee transaksies van onderskeidelik R18 000 en R2 000 by ’n drankwinkel aangegaan.”

Jooste sê die laaste twee transaksies het in dieselfde tyd gebeur terwyl sy en haar dogter, Mareth, die bank gebel het om die kaart te stop.

Sy sê dis ’n verskriklike ding om oor te kom.

“Ek kan geen van my finansiële verpligtinge nakom nie. Ek het só ’n verskriklike hoofpyn en ek kan skaars ’n hoofpynpil bekostig. Hulle het absoluut elke sent onttrek.”

Jooste sê wat haar die ergste grief is dat met haar besoek aan ’n FNB-tak Donderdag by College Square die opname van die oproepe nie aan haar beskikbaar gestel kon word nie. Die polisie moet dit aanvra, of sy moet ’n dagvaarding daarvoor bekom.

“Hoekom sê hulle dan op hul inbeldiens dat ’n opname van die oproep op navraag aan jou beskikbaar gestel sal word?”

Sy sê sy hoop om met hierdie voorval ander mense van hierdie soort misdaad bewus te maak.

Jooste het ’n saak by die Bainsvlei-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Navraag is aan FNB gerig.

Meer oor:  Kitsbank  |  Slenter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.