Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Verpleegsters’ toe deel van bende plaasaanvallers
Boere en polisielede het plaasaanvallers Maandag buite Dundee aangekeer toe hulle by ’n stop-en-ry-punt vir padwerke moes stilhou.

Twee “verpleegsters”, kompleet in uniform, en minstens nog vyf mans was deel van ’n bende wat ’n boer en sy vrou by De Jagersdrif noord van Dundee wou aanval.

Die egpaar het gevra dat hul name nie bekend gemaak word nie.

Die kenteken van die gesondheidsdepartement op die deur van een van die voertuie wat in ’n plaasaanval gebruik is.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die twee verpleegsters en twee mans het op die plaas opgedaag en gesê hulle besoek die gebied as deel van ’n veldtog teen Covid-19. Die voertuig het selfs ’n plakker, met die departement van gesondheid se logo, op die deur gehad.

Die een vrou het gevra of sy die badkamer kan gebruik en van die ander het water gevra.

Toe hulle in die huis kom, het die vier vuurwapens op die egpaar gerig en geld geëis. Die vrou kon ’n noodknoppie druk.

Mbele sê die aanvallers het uit die huis gevlug terwyl hulle skote afgevuur het. Hulle het die motor op die plaaswerf agtergelaat en verder gevlug.

Mbele sê plaaslike boere, ’n veiligheidsmaatskappy en verskeie polisie-eenhede het op die noodroep gereageer en die gebied vir die verdagtes begin fynkam.

Twee van die aanvallers is op die plaas aangekeer terwyl twee ander by ’n stop-en-ry-punt in die omgewing in hegtenis geneem is nadat ’n BMW hulle langs die pad opgelaai het.

Mbele sê sewe mense, onder wie die twee vroue, is in aanhouding. Die polisie soek na nog ’n aanvaller.

Volgens inligting op ’n sosialemediagroep het een van die mans homself doodgeskiet. Die polisie het egter nie dié inligting bevestig nie.

Die motor, met ’n kenteken van die departement van gesondheid is in ’n plaasaanval gebruik.
Een van die verdagtes wat ná ’n plaasaanval aangekeer is.

Die polisie het op die voertuie, twee pistole en 13 patrone beslag gelê.

Die verdagtes sal in die landdroshof op Utrecht verskyn.

Die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, lt.genl. Khombinkosi Jula, het almal wat by die suksesvolle optrede betrokke was, gelukgewens en sê die polisie sal die verdagtes se inligting nagaan om vas te stel of hulle dalk al voorheen by misdade betrokke was.

Kobus van der Walt, ’n boer in die gebied, sê die plaaslike gemeenskap het gebeurlikheidsplanne in plek en wanneer iemand ’n noodknoppie druk, word ’n SMS- en ’n WhatsApp-boodskap na ’n plaaslike veiligheidsgroep gestuur.

“Ons het selfs die plaaskinders geleer hoe om met die radio’s te werk sodat hulle ook hulp kan ontbied,” sê hy.

Meer oor:  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.