Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verpleër wat meisie (4) glo vermoor, bly agter tralies

’n Manlike verpleër wat daarvan aangekla word dat hy glo ’n vierjarige meisie in Thaba Nchu verkrag en vermoor het en haar lyk toe in ’n puttoilet gegooi het, bly agter tralies nadat sy borgtog-appèl in die Vrystaatse hooggeregshof misluk het.

Naledi Chaka Foto: Verskaf

Sello Joseph Tsehlo (36), ’n verpleër van die Botshabelo-hospitaal, het appèl aangeteken teen die vroeëre weiering van landdros Piet Bester in die landdroshof in Thaba Nchu om hom op borgtog vry te laat.

Die aanklagte teen Tsehlo spruit uit die verdwyning van Naledi Chaka op 21 Julie vanjaar buite haar ouerhuis in Selosesha, Thaba Nchu.

Haar erg ontbinde lyk is vyf dae ná haar verdwyning in ’n puttoilet by Tsehlo se huurhuis in Sone 2 in Thaba Nchu gevind.

Waarnemende regter Johannes Moeng het Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein bevind dat Tsehlo nie bewys het dat die staat ’n buitengewone swak saak teen hom het nie en ook nie dat daar buitengewone omstandighede is waarom borgtog aan hom toegestaan moet word nie.

Regter Moeng het gesê Tsehlo kan nie sê die staat se saak is swak nie. Die polisie se ondersoek teen hom is steeds aan die gang en die DNS-verslae is nog uitstaande.

Hy het gesê dat ooggetuies die oorledene laas lewend in Tsehlo se teenwoordigheid gesien het nie.

Daar was ook geen dispuut dat hy die laaste mens was wat haar lewend gesien het nie.

Verder was daar ook geen dispuut dat haar lyk in ’n puttoilet by sy woonplek gekry is nie.

Regter Moeng het gesê Tsehlo het geen verweer oor die beweerde misdrywe aangebied nie.

Verder was daar ook geen dispuut dat haar lyk in ’n puttoilet by sy woonplek gekry is nie.

Hy bly in aanhouding en moet later die week weer in die landdroshof in Thaba Nchu op aanklagte van ontvoering, moord en verkragting verskyn.

* Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, het vroeër aan Netwerk24 gesê volgens die meisie se maatjies het Tsehlo hulle buite Naledi se ouerhuis genader terwyl hulle gespeel het.

Hy het toe glo vir Naledi met die belofte van lekkers weggelok.

Adv. Silas Chalale het namens die staat opgetree.

Adv. Lebohang Maxaka het in opdrag van T.E. Lehupela van Lehupela-prokureur vir Tsehlo verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.